Sy deelname sal ongetwyfeld standhoudende gevolge op die stad se nasieboupogings en jeugontwikkeling hê, en is reeds uiters suksesvol op verskeie vlakke. Kobus se bydraes tot Noordeind Skool asook die ander rolspelers van die reëlingskomitee se pogings om van Drakenstein ‘n sportbestemming van keuse te maak, is op hierdie vroëe stadium reeds sigbaar en word waardeer. Hy is ‘n ware ambassadeur vir Paarl en die wyer Drakenstein. Die Sakekamer is trots om Kobus as ‘n sakekamer lid te hê en die sakegemeenskap ondersteun sy pogings ten volle.
Kyk gerus na die kort video op: