Jaarlikse Toekenningsdinee 2025

Die Sakekamer vermeld en bekroon jaarliks verdienstelike persone of uitsonderlike ondernemings uit die sakegemeenskap van Drakenstein, vir uitnemende diens en die ekstra myl wat hulle geloop het in die uitvoering van hulle visies en missies.

Aangeheg is die Nominasievorm vir voltooing en terugstuur na Info@drakensteinsakekamer.co.za of marketing@drakensteinsakekamer.co.za  Die nominasie is tweeledig, eerstens kan die Besigheid van die Jaar of die Jong Entrepreneur van die Jaar genomineer word en tweedens verdienstelike persone in die gemeenskap wat die elstra myl geloop het in die uitvoering van hul plig.  Aparte nominasievorms moet asb vir elke kategorie voltooi en teruggestuur word.

Besigtig ook ons webwerf by www.drakensteinsakekamer.co.za en klik op BESIGHEIDSONTWIKKELING/BUSINESS DEVELOPMENT om die vorm elektronies af te laai, of vir meer inligting oor ons bedrywighede.

Sluitingsdatum vir nominasies is om 12:00 op 30 Junie 2025.

Ons sien uit na u deelname!