Gemeenskapsprojek in Drakenstein: Verf van SA Poskantoor se Rooi posbusse

AHi Drakenstein Sakekamer NPC het hande gevat met Drakenstein Munisipaliteit en MIQLAT NPC om die SA Poskantoor sed posbusse in die sentrale sakegebiede van Drakenstein te verf.

Behalwe dat dit ook sal bydra om Toerisme in Drakenstein te bevorder kan dit ook die Poskantoor help om iets nostalgies van ons oorspronlike poswese te help bewaar.  Met die koms van aanlynmedia en die stelselmatige verdwyning van tradisionele posdienste is die bewaring van die SA Poskantoor se posbusse ‘n positiewe inisiatief vir almal in die gemeenskap . Die goedkeuring verleen deur die SA Poskantoor gee aan die projek die nodige legitimiteit en bewys dat sulke projekte wel kan plaasvind as dit behoorlik onderhandel kan word tussen belanghebbende partye waar kwessies van gemeenskaplike belang mag opduik.  Timmie Cloete het geskitter in sy taak om die projek suksesvol te kon afskop deur sy bemiddeling met die verskillende rolspelers.   

Die bedoeling is ook om plaaslike besighede die kans te gee om saam te werk aan iets blywends wat al die inwoners kan geniet, daarom word besighede wat naby die posbusse geleë is aangemoedig om die betrokke posbusse self te verf. Posbusse wat nie naby besighede geleë is nie sal deur ‘n span verwers gedek word, verskaf deur Miqlat NPC.   Alle verf, kwaste en skuurpapier word gratis verskaf deur Paarl Paint geleë te no 10 Jan van Riebeeck Str, Paarl. 

Daar is reeds positiewe reaksie ontvang vir samewerking met die projekspan.  Engen Paarl Village, h/v Hoofweg en Brug Straat, het reeds die eerste posbus wat by hul perseel gelee is, sien foto aangeheg, op 26 Mei geverf ( Foto V.l.n.r:    Francis Nieuwoudt (Drakenstein Sakekamer), Aletia Grundling (MIQLAT), Sampie Pienaar (ENGEN Paarl Village), Timmie Cloete (Drakenstein Munisipaliteit) en Dirk Breytenbach (Drakenstein Sakekamer).

Lede wat belang stel om ‘n posbus te verf kan gerus die persone hieronder kontak.  Tans is daar 27 posbusse in in die sentrale sakegebiede geidentifiseer wat dringend verf nodig het.  Daar sal voorkeur gegee word aan posbusse wat naby u perseel geleë is.  U besigheid sal volle dekking op ons sosiale media kry by voltooiing van u gekose posbus.

Kontak gerus vir Aletia Grundlingh by aletiagrundling@gmail.com  vir die verskaffing van verfbenodighede of  arbeid soos  benodig, of Francis Nieuwoudt by info@drakensteinsakekamer.co.za indien enige vedere inligting benodig word.