Die Sakekamer ondersteun Radio KC ons grootste plaaslike gemeenskapsradiostasie se veldtog om kiesers op te lei om hul demokratiese reg te kan uitvoer.
Op die foto verskyn Francis Nieuwoudt tydens hul eerste verkiesingsinligtingsessie gehou by Radio KC. Sy moedig veral jeug aan om hierdie jaar vir die eerste keer te gaan stem.
