Die Direksie wens haar alles van die beste toe vir haar volgende lewensjaar en mag sy geseën word met dieselfde krag en geesdrif wat sy tot dusver vir jare aan die dag gelê het. Francis het haarself vir 15 jaar toegewy om ‘n sakekamer van formaat te help bou en in haar nuwe rol sedert Desember 2023 as portefeuljehouer Verkope en KV asook Direkteur van die Drakenstein Sakekamer NPC, floreer sy weereens met ‘n lidmaatgetal van bykans 300, wat weekliks groei, waarvan sy die oorgrote meerderheid eiehandig gewerf het. Haar toekenning vanjaar by ons AJV as die Bemarker van die Jaar was welverdiend, haar strewe na uitnemendheid en haar liefde vir mense verseker sukses in ons missie om erken te word as die stem van Besigheid in Stad Drakenstein.
Mag jou vriendelike laggie en leierskap vir almal ‘n inspirasie bly.
Dankie Francis jy word opreg waardeer!
Foto:Sakekamer Direksie 2024