Direksielede (Dirk Breytenbach, Francis Nieuwoudt, Johan Rademeyer direksielede van die Sakekamer, Dr Willie Cilliers AHi en Naushad Khan Radio KC ) het op 18 April ‘n gesprek met Dr Suliman by SANLAM Investments bygewoon. Dr Suliman se wonderlike gesindheid het in die gesprek na vore gekom en sy boodskap dat spiritualiteit ‘n belangrike rol in almal se lewens speel, word weerspieël in alles wat hy so suksesvol aangepak het sedert hy Gift of the Givers in die lewe geroep het.
Francis was in diens van ‘n ingeneursmaatskappy in Pretoria gedurende 1992/1993, wat mobiele hospitale, operasieteaters en apteke vir Dr Suliman vervaardig het wat hy geskenk het vir die duisende slagoffers van die afgryslike burgeroorlog in Bosnië. Hier verskyn sy saam met Dr Suliman tydens die byeenkoms en was aangenaam verras dat hy haar nog steeds na al die jare dadelik herken het. Hy is fenominaal en staan uit as ‘n persoon van uitnemendheid en het ingestem om die Sakekamer tydens ‘n ontbytsessie te kom toespreek. Ons sien uit daarna.
