Die wenner van die Sakekamer Besigheid van die Jaar 2024 kompetisie, Manzi Water Paarl, is Vrydag 26 Julie by ons AJV dinee te Lemoenkloof Boutique Hotel aangekondig. Dr Roelof Botha was die gasspreker tydens die geleentheid en by hom verskyn Charles Smook (met die trofee), die wenner en sy familie asook die voorsitter van die Sakekamer Dirk Breytenbach. Ons wens hom geluk en voorspoed toe.