Besigheid van die Jaar 2025/6

Die SAKEKAMER SE Besigheid van die Jaar was by ons Jaarlikse Toekenningsdinee op 16 Julie 2025 te Boland Landbouskool, toegeken aan Jòvan Pienaar van Conqueror Western Cape (www.conquerorwc.co.za).  Die kompetisie het talle inskrywings gelok en almal was van hoogstaande gehalte wat die kompertisie baie kompeterend gemaak het.  Die naaswenners was Seartec Trading en Dochas Sub-Acute Clinic Paarl.

Daar is ook Aanprysings en Eervolle Vermeldingsertifikate aan verdienstelike individue en organisasies in die gemeenskap oorhandig om hul voortreflike diens aan die gemeenskap te vereer en te erken. 

Op die foto verskyn: Dirk Breytenbach (Voorsitter Drakenstein Sakekamer), Jóvan Pienaar (Conqueror Western Cape die wenner as Besigheid van die Jaar 2025/6),  Charles Smook van Manzi Water en vorige wenner 2024/5 en Francis Nieuwoudt Drakenstein Sakekamer.

Baie geluk aan Jòvan Pienaar vir sy uitsonderelike prestasie!