AHi jaarlikse kongres in Oudtshoorn 7-8 November 2024

Die AHI (Afrikaanse Handelsinstituut) het weer sy gebruiklike jaarlikse kongres gehou by Makietie Oudtshoorn en Dirk Breytenbach en dr Francois vd Colff het Drakenstein Sakekamer aldaar verteenwoordig.  Die besprekingspanele was sterk verteenwoordig met burgemeesters en plaaslike sakeleiers in Kannaland. Oudtshoorn het die welverdiende toekenning ontvang as die AHI se Sakekamer van die jaar.  Daar is ook ‘n buitengewone Algemene Jaarvergadering gehou om die beamptes van die organisasie te verkies, ‘n resolusie is aanvaar en dr Willie Cilliers is herverkies as voorsitter en Elroy Jonkers as onder-voorsitter van die Raad van Direkteure.

Voorts was daar eengesindheid oor die AHi en Sakekamers se rol:

  • Om te bou aan ‘n inklusiewe paaslike sakegemeenskap
  • Vestiging en onderhoud van uitkomsgebaseerde verhoudinge met die plaaslike en provinsiale regerings om ons besighede se belange te beskerm
  • Wegdoen met burokratiese rompslomp wat groei van besighede en werkskepping belemmer
  • Vennootskappe met ander ekonomiese groepperinge bv. Landbou  

Die aanbiedings van ons gassprekers prof. Jannie Rossouw en dr Christo vd Rheede het uitstekende aanbiedings gedoen or die stand van die ekonomie en die nuwe politieke rigting wat SA inslaan onder die Regering van Nasionale Eenheid (RNE) met die klem op die invloed wat dit op besigheid het.  Mnr Jannie Strydom van Agri Weskaap het ook bygewoon as ‘n belangrike gas en het ‘n waardevolle bydrae gelewer wat weereens beklemtoon het dat landbou ‘n prominente rolspeler in die SA ekonomie en ook spesifiek in die Weskaap is. Uit die gesprekke en paneelbesprekings was dit duidelik dat SA geen ander alternatief het as om die RNE te laat werk nie, om te verseker dat daar ‘n beter lewe vir almal in SA geskep word.  Wat ook duidelik geword het is dat “Besigheid SA” nie burokrate nodig het om vir ons voor te skryf oor hoe om besigheid te doen nie, ons moet dus self die inisiatief te neem vir welvaartskepping om die ekonomie te laat groei vir broodnodige werkverskaffing.

Ons is bemoedig dat daar vir die AHi en sy sakekamers ‘n opwindende 2025 voorlê!