Drakenstein Sakekamer

Sakekamer se 67 minute vir Mandela

Die Sakekamer het vanjaar met PriceWaterhouseCoopers, AHI Weskaap, Drakenstein Munisipaliteit en Pick and Pay Paarl Mall  hande gevat om Nelson Mandela se 100ste verjaarsdag gepas te vier. 100 senior burgers van ouetehuise regoor Paarl was getrakteer op snuisterye, handige geskenkies asook ‘n wegneem bord kos om die gees van Mandela se nalatenskap te vier.  Ons oudste gas was 101 jaar oud!

Die hoofspreker was Raadslid Rita Andreas en Willem Liebenberg onder voorsitter van die Sakekamer was die geleentheid se seremonie meester.  Die boodskappe het oorwegend gehandel oor versoening en gemeenskap ontwikkeling en ‘n kardinale vraag was deur een van die sprekers geopper, naamlik: Wat doen ons met Nelson Manela se nalatenskap?  Elkeen kan die vraag gerus verder uitbrei deur dit vir homself te vra en dan besluit of ons eienaarskap daarvan geneem het en daarop voortbou of nie,  Dis belangrik vir die skep van ‘n toekomstige SA waar daar saam aan ‘n volhoubare toekoms gewerk sal word om gelyke kanse vir almal te beding.

SAPS Paarl se geesdriftige span was daar om te sorg dat die tafels gedek is en het onbaatsugtig tafeldiens verrig om te verseker dat glase en borde vol was.