Drakenstein Sakekamer

Sakekamer Potjiekos Kompetisie 2016

Die Sakekamer se jaarlikse Potjiekos Kompetisie op 8 April by Le Bac Estate was weereens ‘n reuse sukses en Francis Nieuwoudt het soos altyd ‘n puik geleentheid vir die lede saamgestel.  21 Spanne het ingeskryf en altesame 200 mense het bygewoon.  ‘n Wonderlike gees het geheers en nuwe vriendskappe en besigheid kontakte was aan die orde van die dag.  Die kinders (toekomstige Sakekamer lede), het hulle self ook gate uit geniet.

Soos gewoonlik het ons borge mildelik bygedra om van die dag ‘n sukses te maak.  Ons waardeer hulle bydraes geweldig baie.  Altesame R 8000-00 was oorhandig as pryse vir die 3 kategorie wenners asook ‘n algehele wenner wat deur die Isipani Foundation gewen was.

Pieter Basson van Boland Poultry was vir die tweede keer agter volgens die wenner in sy kategorie maar deelnemers is vasberade om hom volgende jaar te onttroon.  Dit sal egter maar moeilik gaan om met Pieter se vasberadenheid en entoesiasme te kompeteer.  Seeff en Coldfact was die ander twee kategorie wenners.  Veels geluk julle sal volgende jaar jul titels moet verdedig!

Ons plaaslike gemeenskap radio Radio KC het ‘n lewendige uitsending by die geleentheid kom doen en die lede en hul vriende het die musiek en uitsending terdeë geniet.  

Ons beplan om volgende jaar ‘n nuwe kategorie by te sit sodat die bobaas braaiers onder ons lede ook kans kan kry om deel te word van hierdie groeiende geleentheid.