DRAKENSTEIN SAKEKAMER IS DIE STEM VAN KLEINSAKE IN JOU OMGEWING!!!. Ons organisasie bedien die onafhanklike entrepreneurs en fokus tans skerp op die vestiging van nuwe besighede onder die jeug en vroue in samewerking met die AHi Weskaap.

Sakekamer en AHi Vrouedag byeenkomste in Paarl en Hermon

In samewerking met die AHi Wes-Kaap is vrouedag luisterryk gevier in Paarl en Hermon.

In die Paarl is hande gevat met die Lobunye Groep se sosiale stigting en by die Boschenmeer Landgoed ‘n uithang geleentheid vir 200 vroue van Drakenstein aangebied. Prominente sprekers het die gehoor oor ‘n verskeidenheid onderwerpe toegespreek.

In Hermon is ook 200 vroue van die plaaslike gemeeenskap getrakteer op ‘n goeie program, snuisterye en verversings wat moontl;ik gemaak is deur die samewerking tussen Uplift Hermon,  plaaslike boere, die AHi en Drakenstein Sakekamer.  ‘n Lagterapeut het die gehoor laat skater met haar aanbieding oor hoe om uitdagings in die lewe vroue positief aan te spreek.  Ander sprekers soos Willem en Erika Liebenberg het die vroue aangepor om eienaarskap van hulle leierskap posisies in die gemeenskap en gesin te neem.  Erika het tot binne in die die harte van almal deurgedring en was hoog waardeer vir haar boodskap van hoop.  Die gehoor was in vervoering en het luid saamgesing en gedans.

Suid Afrika en ons gemeenskap het reeds ver gevorder met gelyke beregting vir vroue soos duidelik blyk uit teenwoordigheid van vroue op alle vlakke van die samelewing.