Drakenstein Sakekamer

Potjiekos Kampioene 2017!

 

Die Sakekamer se jaarlikse Potjiekoskompetisie by Le Bac Estate was weereens ‘n dawerende sukses!  Daar was geproe, gespeel en gelag tot laat!

Hanno Koen was die sameroeper en het hom uitstekend van sy taak gekwyt gemeet aan die baie tevrede lede en besoekers wat bygewoon het.  Daar was 33 potte wat ingeskryf was en +- 250 mense het bygewoon.  Dit was weereens ‘n goeie netwerkgeleentheid waar ook nuwe besigheidstransaksies beklink was.  Nuwe lede het ook bygewoon en was hartlik verwelkom.

 

Daar was ongeveer R 25 000-00 se pryse uitgedeel wat mildelik deur lede geborg was.  Hulle bydrae was deel van die sukses en hulle was:

ARAMEX,  OMMI BERG,  MINUTEMAN PRESS PAARL,  LIZANNE VISSER, STRONGMAN EVENTS,   TAFELBERG MEUBILEERDERS,  KLIPVLEI VERVOER,  TJ’S LEKKABRAAI, SEEFF PAARL , MBA BOLAND,  PAARL POST,  MICA PAARL,  GRANDE ROCHE,  RAWSON FINANCE,  VAN WYK & FOUCHEE,  VAN DER SPUY & VENNOTE,  FAURE & FAURE,  KWV, BOLAND POULTRY,  NSV,  BOLAND PEST CONTROL,  RAWSON PAARL,  KING DOG FOOD SUPPLIERS,  ESPRESSOH, W C  DOGS AND ALL,   LA COTTE WYNE,  SAFFIER OLYFOLIE,  ELK KITCHENS,   RHEBOKSKLOOF WINE ESTATE, LABORIE  HOӫRSKOOL,   ABRAHAM KRIEL KINDERHUIS, LE BAC ESTATE, BUILD-IT PAARL,  McCARTHY TOYOTA, D’ OLYFBOOM  Ondersteun hulle gerus!

Die potwenners hierdie jaar was:

Voorgereg:

1.Skyward

2.Paarl Post

3.Rawson Paarl

Potjies:

1.Boerewors Broers van McCarthy Toyota

2.Paarl Post

3.FFG Paarl

4.Strongman Events

5.Rawson Paarl

6.PriceWaterhouseCoopers

7.Hanah Robertson

8.Isipani Konstruksie

9.Kwanda Civils

10.Van der Spuy en Vennote

Beste Stalletjie:

1.Rawson Paarl

2.FFG Paarl

3.Van der Spuy en Vennote

Beste Gees:

Strongman Events – Ferdinand Rabie van Strongman Events het versoek dat deelnemers agterna hul kos skenk vir verspreiding deur Magda se Sopkombuis in Paarl Oos.  Daar is toe Saterdag 600 etes versprei in gebiede waar behoeftes giedentifiseer was.  Hier was duidelik ‘n verskil gemaak en kon mense die dag geniet met ‘n vol maag net soos ons die vorige aand.

Kinderkok Kompetisie:

Elke kind wat ingeskryf het, het ‘n prys gewen. Geluk aan ons toekomstige Sakekamer lede!

Die span beoordelaars was uiters professioneel en geduldig met die stroom van inskrywings wat beoordeel moes word. Maklik kon dit ook nie gewees het om die 33 disse te proe om uiteindelik by die wenners uit te kom nie.  Hul “beproewing” het nie ongesiens verbygegaan nie.

Die Sakekamer groei daagliks en nuwe lede sal by ons volgende ledebyeenkoms voorgestel word.