NTT VW Paarl en Drakenstein het hande gevat om van hierdie jaar se kanker bewustheid projek op 10 en 11 November ‘n reuse sukses te maak. Drakenstein Sakekamer is trots om aan te kondig dat ons hierdie jaar ons jaarlikse mini uitstalling gesamentlik met hierdie ongelooflike projek gaan aanbied.
Snorre, baarde en hare wat gekweek is vir hierdie geleentheid sal deur die haarsorg spesialiste van SA Barber afgesny word!
Uitstallers kan stalletjies huur en vermaak word vir oud en jonk aangebied, maak seker dit word nie gemis nie. Daar gaan ook lekker ge-eet word.
Mense wat die pienk VW Up hierbo op die pad gewaar kan gerus hul besonderhede na 076 466 9038 SMS om in aanmerking te kom vir ‘n prys!
Volgens KANSA is daar vier algemene mites oor kanker:
- Dis nie vir ons nodig om oor kanker te praat nie.
- Daar bestaan geen tekens of simptome wat op kanker dui nie.
- Daar is niks wat ek oor kanker kan doen nie.
- Ek beskik nie oor die reg tot kankersorg nie.
Wat kan ek omtrent tydige diagnose en effektiewe behandeling doen?
- Kanker kan voorkom en meer effektief behandel word as dit vroeg gediagnoseer word. Dit is noodsaaklik om bewus te wees van die risiko faktore en maniere oor hoe om die risiko vir kanker te verminder. Die beginpunt is om slim keuses oor jou lewenstyl te maak.
- Vergewis jouself van die waarskuwingstekens en simptome van kanker by volwassenes en kinders.
- Daar bestaan verskeie aktiewe ondersteuningsgroepe (kry besonderhede hieroor by jou plaaslike KANSA Sorgsentrum). Die ondersteuningsgroepe help die persoon met kanker om in aanraking te kom met pasiënte, kankeroorwinnaars en hul geliefdes – mense wat alreeds die pad geloop het. Kommunikasie en ondersteuning bied insig, morele ondersteuning, begrip, hoop en inspirasie. Maak kontak met ander kankeroorwinnaars (enigiemand wie die woorde “jy het kanker” gehoor het).
- Volg ‘n gebalanseerde lewenstyl tuis en in die werksplek en beskerm en bevorder so jou gesondheid. (link)
- Volg ‘n gesonde dieët – gesonde keuses sal help om jou risiko vir kanker te verlaag. Eet genoeg vars groente en vrugte in seisoen; beperk jou inname van vet; vermy en beperk alkohol; verminder jou sout- en suikerinname en sluit bronne van omega-3 in jou dieet.
- Handhaaf ‘n gesonde en matige liggaamsgewig en wees aktief om jou risiko vir verskeie soorte kanker te verlaag.
- Beskerm jou vel – velkanker is die mees algemene kanker en word veroorsaak deur die skadelike UV strale van die son.
- Moenie tabakprodukte gebruik nie – ‘n algemene mite is dat die rook van ‘n waterpyp (hubbly bubbly) minder skadelik is as die rook van sigarette. Die waarheid is dat dit meer skadelik is. (link)
- Laat jouself inent teen virusse wat kanker veroorsaak – Hepatitis B veroorsaak meestal primêre kanker van die lewer en die Menslike Papilloom-virus veroorsaak meestal servikale kanker. Die voorkoms van aansteeklike kanker (hoofsaaklik veroorsaak deur verskillende virusse) is so hoog as 20% in Afrika.
- Gaan gereeld vir mediese toetse vir kanker en doen selfondersoeke om jou kans te verhoog om kanker vroegtydig op te spoor. Vroeë opsporing verhoog jou kans om kanker suksesvol te behandel. Vra ‘n dokter oor die beste siftingstoetse wat beskikbaar is. Lees meer oor selfondersoeke vir mans en vrouens.
Vir meer besonderhede oor deelname aan die dag kontak die volgende:
Francis Nieuwoudt by 084 404 8995 info@drakensteinsakekamer.co.za
of
Etienne Els by 087 286 3800 etiennec@nttvw.co.za