DRAKENSTEIN SAKEKAMER IS DIE STEM VAN KLEINSAKE IN JOU OMGEWING!!!. Ons organisasie bedien die onafhanklike entrepreneurs en fokus tans skerp op die vestiging van nuwe besighede onder die jeug en vroue in samewerking met die AHi Weskaap. Begin solank om jou eie jaarlikse Sakekamer Vrywilligersdag projek te beplan en ons daarvan te vertel. Kontak asb. vir Francis by 084 404 8995 om te registreer. Please start planning your own annual Business Chamber Volunteers Day project and tell us about it. Please contact Francis at 084 404 8995 to register.

‘n Groot boom het geval…

Een van ons erelede, Dr Lourens du Toit, het op 20 Desember 2017 tydens ‘n vakansie in Namibië skielik agv van ‘n mediese komplikasie  gesterf. As ‘n gewaardeerde en getroue sakekamer lid en voormalige portefeulje houer vir plaaslike ekonomiese ontwikkeling by die Drakenstein Stadsraad, sal hy nog lank onthou word vir die uitstekende diens wat hy aan die gemeenskap gelewer het.  Dr du Toit het graag sy wye kennis met mense gedeel en was bekend as ‘n top medikus, sakeman, boer, avonturier en ‘n kenner van die geskiedenis van Drakenstein en sy mense.  Sy raad was gewoonlik objektief en feitelik relevant wat dit kosbaar gemaak het.

Die Sakekamer betuig sy innige simpatie met sy familie.  Sy kennis, ervaring en entoesiasme sal nog lank gemis word in die Sakekamer.

Dok ons salueer jou!

Dirk Breytenbach

Voorsitter