Drakenstein Sakekamer

Madiba Uitreik 18 Julie 2017

 

Madiba se nalatenskap is weer gehuldig op 18 Julie 2017.  Die Sakekamer en hul hoofborge PriceWaterhouseCoopers en Pick & Pay Paarl Mall het seker gemaak bejaardes uit ons gemeenskap het lekker versnaperinge en handige geskenke ontvang om die dag vir hulle aangenaam te maak.

Madiba se grootmoedige vergewingsgesindheid en sin vir regverdigheid was weer in herinnering geroep deur ‘n puik gedenktoespraak wat gelewer was deur  Rsdl. Aidan Stowman van Stad Drakenstein.

Drakenstein biblioteek het gesorg vir ‘n uitsalling van Madiba wat die hele week in die Pick & Pay voorhof uitgestal was.

Seredia- Lee van Mbekweni het die gaste vermaak met haar suiwer Afrikaanse stem en warm persoonlikheid.

Die Sakekamer bestuur het hulle 67+ minute vir die dag gegee om te verseker die verrigtinge het met die nodige waardigheid en kwaliteitstandaarde afgeloop.