Mnr Karel van der Molen (heel links op fotos) van die Universiteit Stellenbosch het op die Sakekamer se Ledebyeenkoms gehou te Klein Parys Wynlandgoed op 1 Augustus 2017 ‘n breedvoerige lesing gelewer oor etiek in die werkplek. Volgens hom is werksetiek onsigbare werknemergedrag en dis iets wat jy doen wanneer niemand jou sien nie maw etiek is herkenbaar aan sy afwesigheid. Karel brei dan verder uit:
Die definisie van etiek word verteenwoordig in die volgende komponente:
- Waardes oor wat reg, goed en betaamlik is
- Standaarde wat ons lei om te bereik wat reg, goed en betaamlik is
- Volgehoue toepassing van gesonde beginsels en standaarde wat in die beste belang van kliënte en die gemeenskap is
Onetiese gedrag sluit in die afwesigheid van ywer en korrekte toepassing van:
- Stiptelikheid (luiheid)
- Verantwoordelikheid (gebrek aan)
- Maatskappy se bates (vermorsing en misbruik)
- Disrespek vir kliënte en die gemeenskap
- Itegriteit en lojaliteit
Onetiese gedrag deur oneerlikheid en eiebelang deur die volgende aksies:
- Korrupsie, diefstal en bedrog
- Gebruik van binnehandel en invloed
- Selfhandel
- Persoonlike gebruik van maatskappy se eiendom (internet, skryfbehoeftes, voertuie ens.)
- Ongemagtigde werk aan 3de party kontrakte
Hoe rasionaliseer oortreders hierdie gedrag?
- Almal doen dit!
- Niemand gee in elk geval om nie.
- Ignoreer dit – dis nie my probleem nie en ek weet nie aan wie om dit te rapporteer nie
- Die maatskappy sal dit nie mis nie
- Die maatskappy vra in elk geval te veel vir hulle dienste en produkte
- Ek word nie genoeg betaal nie
- Die maatskappy verdien nie my lojaliteit nie
- Vrees, druk of wraak
Hoe reageer maatskappye?
- Vermeerder sekuriteit
- Vermeerder verliesbeheer maatreëls
- Verhoog toesig en monitering
- Bedrog rapporteringslyne
- Dreigemenete om te vervolg
Hoe behoort maatskappye te reageer?
- Verhoog werknemer lojaliteit
- Betaal van regverdige lone en voordele
- Verseker regverdige en konsekwente behandeling van alle werknemers
- Erkenning vir goeie werk
- Bou aan ‘n veilige familie atmosfeer
- Hanteer gapings en oorskrydings onmiddelik
So wat behoort ons te doen?
- Kommunikeer verwagte gedrag gereeld en hoekom dit belangrik is vir die organisasie
- Hou mense aanspreeklik vir wangedrag
- Regulering en voldoening moet oorgelaat word aan die werknemer
- Dis belangrik om etiese waardes by induksie en orientasie programme in te sluit
Verwag van werknemers om die volgende etiese waardes deurlopend toe te pas:
- Betroubaarheid
- Respek
- Verantwoordelikheid
- Regverdigheid
- Omgee en welwillendheid
- Goeie burgerskap
Die lesing was uitstekend aangebied met die gevolg dat die lesse wat lede daar geleer het nog lank onthou sal word en sekerlik met vrug in hul besighede toegepas sal word.
Byeenkoms goedgunstiglik geborg deur: Bidvest McCarthy Toyota Paarl
Karel van der Molen kan gekontak word by: 083 444 5891 of kvdm@sun.ac.za