DRAKENSTEIN SAKEKAMER IS DIE VERENIGDE STEM VAN BESIGHEID IN DIE STAD VAN DRAKENSTEIN!!!. Ons organisasie bedien die onafhanklike entrepreneurs en fokus tans skerp op die vestiging van nuwe besighede en die aanbieding van suksesvolle netwerkgeleenthede. DRAKENSTEIN BUSINESS CHAMBER IS THE UNITED VOICE OF BUSINESS IN THE CITY OF DRAKENSTEIN!!! We serve the independent business owners and focus strongly on the establishment of new businesses and presentation of successful networking events.

Goeie ouens kom laaste? Regtig… besluit self en maak ‘n verskil aan jou leefwêreld…

In ‘n onlangse artikel in Fin24 voer Jannie Rossouw, hoof van Sanlam Besigheidsmark, aan dat die wêreld en SA se sake omgewing tans gekenmerk word deur skandale van korrupsie, diefstal en oortredings van verskeie wette.

Etiese besigheid of nie?  Dis jou keuse maar die ou beproefde formule van Etiese Besigheid = Eerlike Besigheid  bly steeds toepaslik want verbruikers van jou produkte wil met “goeie” mense sake doen.  As hulle jou ondersteun met hul hard verdiende geld verwag hulle van jou om eerlik, regverdig, met waardigheid en sonder vooroordeel behandel te word.    As jy niksvermoedende kliênte meer laat betaal as wat redelik is of as jy nie eerlik met jou sake vennote en verskaffers oor jou operasionele en finansiële status is nie, sal jy gou in jou eie web van leuens verstrik raak.  Kyk maar na die nuus en kyk waar bekende groot maatskappye en politieke leiers hulle tans bevind.  Wil jy daar wees?  Die keuse is joune..      

Daar is vele voorbeelde van maatskappye en politieke leiers in die nuus wat tans kniediep in die moeilikheid is oor beweerde oortredings van wette wat enorme kollaterale skade veroorsaak (biljoene en triljoene).  Van die gevolge is die krag krisis in SA, werkloosheid, behuisingsnood, swak veiligheidsdienste, agtergeblewe skole, bankrotskap van sekere staats beheerde instellings en die uitwissing van aandeelwaardes en buitelandse beleggings wat opdroog.

Jannie Rossouw verwys ook na forensiese ondersoeke wat daarop dui dat menige kleinsake ook van vernuftige planne gebruik maak om omkopery weg te steek en sodoende kontrakte, tenders en aanstellings, wat hulle nie verdien nie, in hul guns te manipuleer.

Die vraag is dus:  Is dit reg en kan ons dit bekostig?

Die realiteit is dat een oortreding jou lewe kan verwoes.  Jou integriteit sal nooit weer kan herstel word nie en jy sal lewenslank gebrandmerk wees as ‘n krimineel.

Belasting vermyding en betrokkenheid by onwettige aktiwiteite beteken dat jy nie binne die raamwerk van die wet optree nie.

Volgens ‘n bekende skrywer Aldo Leopold is etiese gedrag om die regte ding te doen wanneer niemand kyk nie al is die verkeerde ding wettig.  Die keuse is joune!

Is jy eerlik en regverdig met:

  • Jou belastings
  • Onderhandelinge gedurende tenders
  • Betalings aan jou verskaffers en personeel, gebruik jy hulle as ‘n bank?
  • Fakturering – vra jy elke keer vir ware uitgawes met ‘n redelike wins of laat jy ander meer betaal vir dieselfde item?
  • Regerings regulasies – waar opereer jy, binne of buite?
  • Gebruik jy onwettige sagteware?
  • Jou sake vennote – is hulle eties? Slaap met die honde dan kry jy vlooie!!!

Besluit vandag of jy eties is of nie en waar jy op die morele kompas staan…

Besluit of geloofwaardigheid en ‘n goeie reputasie ‘n aanwins is of nie…Hoe verduidelik jy aan jou familie, aandeelhouers en werknemers dat jy aangekla staan van diefstal, rampokkery en korrupsie?