Drakenstein Sakekamer

Jacques Pauw besoek Paarl!!

 

Op 29 Mei 2018 het Tygerberg Sakekamer in samewerking met Drakenstein Sakekamer ‘n sakeontbyt by Boschenmeer aangebied met Jacques Pauw as gasspreker waar hy breedvoerig uitgebrei het oor die staatskaping en korrupsie wat die land sedert 2009 beet gehad het.  Omdat korrupsie almal in SA affekteer, ingesluit besighede, was daar dan groot belangstelling in die byeenkoms en het 191 sakepersone en gaste dit bygewoon.

Jacques is ‘n gevierde ondersoekende joernalis en was die uitvoerende vervaardiger van die SABC se Special Assignment program.  Hy was ook ‘n  stigterslid van die Afrikaanse weekblad Vrye Weekblad.  Hy het sy televisie loopbaan in 1994 begin en het gespesialiseer in dokumentere oor gevaarlike kriminele aktiwiteite en gruweldade op die Afrika kontinent wat insluit die Rwandese Volksmoord, Oorlog in Darfur en polisie optredes onder apartheid.

Gedurende November kom hy skerp onder die soeklig gekom van die SAPD na die publikasie van sy boek “The President’s Keepers” en was hy tevergeefs krimineel aangekla oor tegniese punte ivm openbaarmaking van inligting.

Die geweldige belangstelling in die byeenkoms het weereens onderstreep dat korrupsie nie geduld sal word nie en dat dit vreesloos aangespreek moet word.

Jacques ons Sakekamers wens jou voorspoed toe, gaan voort met jou goeie werk!!