Drakenstein Sakekamer

Isipani Konstruksie en Klein Gim gee om vir ons brandbestryders

Tydens die brande in die Paarl het die Sakekamer lid, Isipani Kontruksie in samewerking met Klein Gim water en energie drankies aan die brandbestryders en ander nooddiens werkers soos die SAPD aan Drakenstein oorhandig.

Hierdie loofwaardige aksie is ge-inisieer deur Nic Smit ‘n leerder van Klein Gim, seun van Wynand Smit van Isipani Konstruksie.  Op die foto verskyn leerders van Klein Gim, Wynand Smit (Isipani), Nic Smit (inisieerder) en Francis Nieuwoudt van die Drakenstein Sakekamer.

Die opwelling van deernis met ons brandbestryders het weereens bewys dat samewerking vir ons almal ‘n beter toekoms kan verseker.

 

Isipani Klein Gim oorhandiging van water en energie drankies vir brandbestryders