Drakenstein Sakekamer

Hoe om uitdagende ekonomiese tye te oorleef…

Volgens Tony Jeary skrywer van Strategic Acceleration: Succeed at the Speed of Life, is die sleutel tot oorlewing in moeilike ekonomiese tye verseker nie om jou in te grawe of te verskans en te wag op beter tye nie.

Volgens hom lê die geheim daarin om te oorleef in die herkenning van geleenthede.   Die eerste stap in herkenning van geleenthede is om te erken en te glo dat daar altyd geleenthede sal wees vir diegene wat daarna soek en dit aktief navolg.  Hoe sleg dit dalk met die ekonomie mag gaan, mense sal altyd koop en verkoop.  Wanneer die ekonomie afplat is mense geneig om te glo dat die hele wêreld tot stilstand gaan kom.  Dis bloot onwaar.  Gedurende die depressie van die 1930s het 75% van Amerikaners steeds werk gehad en sommiges het selfs ryk geword gedurende daardie tyd want hulle was in staat om geleenthede te identifiseer en aan te gryp.

In goeie tye is daar geleenthede in die volgehoue doen van dinge wat reeds werk. In minder goeie tye is daar geleenthede om dinge wat nie meer werk nie uit te faseer en die vind van nuwe dinge wat werk gebaseer op nuwe behoeftes.

‘n Resessie of tye van ekonomiese afplatting is op sigself ‘n geleentheid vir diegene wat verkies om die omstandighede juis as ‘n geleentheid te sien. Geleenthede lyk dan anders en ons moet uit ons gemaksones beweeg en soms ook nuwe rigtings inslaan.

Mense wat onwillig is om geleenthede raak te sien is heel moontlik juis die wat nie bereid is om hul gemaksones te verlaat nie.  Gemaksones is gemaksones omdat dit gemaklik is.  Al wat nodig is om in ‘n gemaksone te bly is om jouself af te sluit van nuwe idees en te weier om te verander.  Gemaksones het ‘n invloed op almal en wanneer mense in ‘n organisasie te gemaklik geraak het, is dit omdat hulle die momentum verloor het om hul visie uit te leef.  Hoekom? Omdat hulle aanvaar het om te wees waar hulle is, is die beste waar hulle kan wees of doen.  Moeilike ekonomiese omstandighede vereis ‘n ander reaksie.

So hoe oorleef mens dit?

Eerstens, jy soek meedoënloos na nuwe geleenthede en sluit jou nie af van nuwe idees nie, of verandering nie, jy word ‘n kenner van mense se behoeftes. Gedurende ekonomiese afplatting verander mense se behoeftes en iemand moet dit aanspreek.

Tweedens, lees soveel moontlik tegniese tydskrifte en boeke oor jou produkte en dienste wat moontlik nuwe toepassings of dienste tot gevolg kan ontbloot.  Jy mag dalk uitvind jou produkte is steeds in aanvraag maar die gebruikers daarvan moet dit net uit ‘n ander hoek ervaar.

Dit bring ons by die finale deel van die legkaart om moeilike ekonomiese tye te oorleef, jy moet in staat wees om ‘n kragtige waarde proposisie van jou produkte en dienste te verwoord en te artikuleer wat resoneer met jou kliënt of toekomstige kliënte se waarneembare behoeftes.  ‘n Diepliggende insig van jou kliënt se behoeftes en verwagtinge is die sleutel om die waarde van dit wat jy het om aan te bied, te verstaan en te ontsluit.

Praat met jou kliënte en voornemende kliënte, ontdek hulle behoeftes en bekommernisse en jy sal jou geleenthede ontdek!

 

 

 

b