Het die bekamping van COVID 19 dalk onbedoeld in massahisterie ontaard?

 

Na weke van gehoorsame nakoming van regeringsregulasies plaaslik en wêreldwyd klink al hoe meer stemme op dat die ekonomie van SA dalk onnodig tot stilstand gedwing was met gepaardgaande sosio-ekonomiese gevolge wat ons jare sal neem om van te herstel.

Daar was op betroubare sosiale media gerapporteer dat dokters onlangs 71 COVID 19 sterfgevalle in die Weskaap ontleed het en slegs 6% van hulle het slegs COVID 19 onder lede gehad  gehad.  ‘n Groot persentasie van persone wat in die Weskaap gesterf het was persone wat minstens twee ander siektes onder lede gehad het. Die meeste mense wat dus plaaslik weens Covid-19 gesterf het, was reeds baie ernstig siek.

Soortgelyke studies in Europese lande en die VSA het ook bevind dat die oorgrote meerderheid van mense wat COVID-19 onder lede het en dan sterf, reeds ander ernstige onderliggende kwale gehad het.

Navorsing en data

In die VSA werk met mediese navorsers van onder meer die Stanford-Universiteit om algemene persepsies oor die virus en regeringsmaatreëls wat wêreldwyd ingestel is, te ontleed en van nuuts af te interpreteer soos data uit die voorste linies in hospitale beskikbaar raak.  Dit sluit in individue soos Michael Levitt, ‘n bioloog van Stanford-Universiteit en die 2013-Nobelpryswenner vir chemie.   Die vermoedens dat ‘n onbedoelde oorreaksie plaasgevind het groei daagliks en samesweingsterieӫ gedy.

Afplatting van die kromme

Elke dag moes mense hoor dat die belangrikste ding wat in elke land moet gebeur, die platmaak van die kromme – dus die verlangsaming van die verspreiding van die virus – was. Die obsessie hiermee was gebaseer op die WGO se aankondiging aan die begin van Maart dat 3,4% van die wêreldbevolking weens die virus sal sterf.  ’n Sterftekoers van 3,4% het die alarms orals laat afgaan en binne enkele weke is meer as 40% van die wêreld se bevolking tot hul huise beperk.

Immuniteit deur blootstelling?

Volgens berigte is dit wat ons nou uit nuwe ontledings leer is dat die sterftekoers heelwat laer is. In Swede, waar ’n staat van inperking nooit ingestel is nie, het die Universiteit van Stockholm verlede week bepaal dat kudde-immuniteit bereik kan word wanneer 43% van mense in ’n dorp, stad of land, die virus opgedoen het. Terwyl Swede reeds naby aan kudde-immuniteit is, het slegs ‘n klein persentasie van die Sweedse bevolking aan Covid-19 gesterf.

Interpretasie van mortataliteitdata in Europa

In Nederland het twee onlangse studies bevind dat persone onder 20 byna geen kans het om weens Covid-19 te sterf nie. Tussen 20 en 29 is die verwagte sterftesyfer 0,0038%. Dit styg dan tot 0,49% vir persone tussen 60 en 69. Dit raak toenemend duidelik dat daar in geen land 3,4% van mense weens Covid-19 gaan sterf nie. Kinders en jongmense het die kleinste, byna weglaatbare kans om weens Covid-19 te sterf. Tog het die een land ná die ander skole gesluit en is ekonomies-aktiewe jongmense verbied om te werk. Dit was duidelik ’n fout, gebaseer op verkeerde persepsies en swak aanvanklike data.  Gesien in die konteks van die nuutste statistieke blyk dit die WGO se voorspellings dat 3.4% (221 000 000 m)  van die wêreldbevolking sal sterf agv die virus, statisties ook nie meer realisties nie.

Gevolgtrekkings

Die wêreld is steeds op ‘n steil leerkurwe oor die aard en gevolge van die virus en ons sal moet leer om vinnige aanpassings te maak wanneer die kurwe onverwags in ‘n ander rigtings as aangeneem swaai, hetsy positief of negatief.

My ontledings in verlede week se artikel het aangedui dat syfers en data uit verband gerapprteer kan word as slegs totale gerapporteer word, dit lyk meer sensasioneel en maak dit vir hardkoppige leiers maklik om hul eie standpunte te motiveer deur die afdwing van vrees oor ‘n gegewe situasie.  Syfers uitgedruk in persentasies soos deur die akademici en navorsers hierbo aangedui, illustreer die feite meer effektief en wys tendense onmiddelik uit wanneer data met mekaar vergelyk word.

Indien die bogenoemde studies in Nederland en die VSA dan geloofwaardig is soos gerapporteer in die media is dit tyd dat skole en besighede onverwyld heropen wel nog met streng sosiale inperkingsmaatreӫls, verbod op groot byeenkomste en verskerpte higiӫne om die tsunamie van ekonomiese verval te probeer stuit.

Ons vra mnr Ramaphosa om die regte ding te doen deur ‘n radikale koersaanpassing aan te bring deur alle sektore van die ekonomie en skole onverwyld oop te stel.

SA kan die inperking en die beperkinge op op die vryemarkstelsel nie ‘n dag langer bekostig nie.