Goeie herrinneringe: Heinrich Loock ons jongste motiveringspreker ooit!

 

May be an image of 4 people and people smiling

2 Augustus 2017: Podiumpret se Heinrich Loock was Podiumpret se eerste openbare spreker. Hy het ‘n motiveringspraatjie met die onderwerp: “Kinders wil grense hê” gelewer tydens ‘n ledebyeenkoms van die Drakenstein Sakekamer.

‘n Jong spreker wat ontdek het dat die vlinders in jou maag nooit weggaan nie, maar dat ‘n mens hulle kan leer om in formasie te vlieg.  Hy het sy toespraak self nagevors en geskryf, vertel die trotse Carolina van der Westhuizen, lewensafrigter en eienaar van Podiumpret. 

Hierbo verskyn Heinrich saam met Dirk Breytenbach en Francis Nieuwoudt, onderskeidelik Voorsitter en Algemene Bestuurder Bemarking en Ledesake van die Sakekamer.

Dirk Breytenbach is van mening dat leierskapvaardighede van jongs af onsluit kan word deur blootstelling en toepassing van sprekersvaardighede voor ‘n verskeidenheid van gehore.  As jong mense nie sulke blootstelling beleef nie, of  sover vermy het, kan dit jare neem voordat hul leiersvaardighede en selfvertroue genoegsaam ontwikkel het (of nooit nie!) om effektief as leier te kan optree.  Dit ontneem hulle ook van geleenthede en vooruitgang in hul latere loopbane.

Om te verhoed dat jou kind ‘n belangrike deel van sy opvoeding misloop, kontak gerus ons vir Carolina vandag nog by Podiumpret op 083 415 9083 om ‘n verskil in jou kind se lewe te maak.