DRAKENSTEIN SAKEKAMER IS DIE STEM VAN KLEINSAKE IN JOU OMGEWING!!!. Ons organisasie bedien die onafhanklike entrepreneurs en fokus tans skerp op die vestiging van nuwe besighede onder die jeug en vroue in samewerking met die AHi Weskaap. Begin solank om jou eie jaarlikse Sakekamer Vrywilligersdag projek te beplan en ons daarvan te vertel. Kontak asb. vir Francis by 084 404 8995 om te registreer. Please start planning your own annual Business Chamber Volunteers Day project and tell us about it. Please contact Francis at 084 404 8995 to register.

Fisherman’s Friend Strongmanrun 2018 op 13 Oktober in die Paarl!

 

Dis alweer ‘n jaar later en die wêreld se grootste internasionale hindernis wedren is gereed om weer duisende avontuurlustige atlete te trakteer met ‘n dag van vriendskap en pret.

La Rochelle Girls High het die illustrasie van die wedren roete ontwerp en gaan ook aan die wedloop deelneem.  Hulle sien daarna uit om teen ander skole in Drakenstein te kompeteer.  Die organiseerder, Ferdinand Rabie, het komplimentêre inskrywings aan verskeie skole in Drakenstein geskenk sodat daar gesonde mededinging onder almal kan wees en ook om te bepaal watter skool is die fiksste en het die beste gees.

Daar is weer 3 roetes naamlik 21km, 15km en 8km asook ‘n Kiddies wedloop vir kinders 8 jaar en jonger in die stadium.  Die 21km roete spring om 08:00 weg by die Faure Stadium en sal soos gewoonlik oor Paarlberg tot by die Taalmunument en terug deur verskeie wynplase dwarsdeur die Bergrivier en daarna weer terug na Faure Stadium waar daar hope pret en ontspanning vir almal gaan wees. Laat inskrywings kan nog op www.strongmanrun.co.za gedoen word.

Maak seker jy is deel van die pret maar as jy dalk bietjie verroes is kan jy kom deelneem as ‘n toeskouer.

Kom ondersteun jou vriende en atlete en bewys solidaiteit met die geleentheid wat Paarl op die

internasionale podium plaas!

 

 

.