Drakenstein Sakekamer

Brand Pretorius oor diversifikasie in jou Besigheid

Brand Pretorius , voorheen van Toyota SA en die McCarthy Groep, het in ‘n onlangse potgooi met Klipkouers as volg gereageer op ‘n vraag oor die mate waartoe ‘n besigheid behoort te diversifiseer:

“As jy te veel diversifiseer, dan skep jy ’n hoë element van risiko want jy verdun jou aandag en energie. Veral as jy diversifiseer in areas waar jy nie die nodige kundigheid en ondervinding het nie. Dan beland jy in ’n posisie, voor jy jou oë kan uitvee, waar jy al jou energie en tyd bestee om sukkelende nuwe besighede op dreef te kry en dan verwaarloos jy jou kernbesigheid.

So fokus gekonsentreerde aandag op die besighede wat goed presteer en wat momentum het, is my aanbeveling. Baie entrepreneurs word aan daardie versoeking blootgestel om vinnig hulle vlerke te sprei en in allerhande ander besighede, bo en behalwe hul kern besigheid, betrokke te raak en dit werk nie altyd goed uit nie.”

Lede kan gerus Klipkouers se webwerf besoek waar gereeld onderhoude gevoer word met kundige sakemanne en sakeleiers oor onderwerpe rakende die kleinsake omgewing by: www.klipkouers.com