DRAKENSTEIN SAKEKAMER IS DIE STEM VAN KLEINSAKE IN JOU OMGEWING!!!. Ons organisasie bedien die onafhanklike entrepreneurs en fokus tans skerp op die vestiging van nuwe besighede onder die jeug en vroue in samewerking met die AHi Weskaap. Begin solank om jou eie jaarlikse Sakekamer Vrywilligersdag projek te beplan en ons daarvan te vertel. Kontak asb. vir Francis by 084 404 8995 om te registreer. Please start planning your own annual Business Chamber Volunteers Day project and tell us about it. Please contact Francis at 084 404 8995 to register.

AHI Wes-Kaap se rol in plaaslike ekonomiese groei by ‘n AHi streeksbyeenkoms te Boschenmeer uitgelig.

Foto van links na regs: Dirk Breytenbach – Voorsitter Drakenstein Sakekamer, Raadslid Conrad Poole – Burgemeester Drakenstein, Jannie Durand – HUB Remgro, Dr Willie Cilliers – Voorsitter AHi Wes-Kaap.

Die geleentheid is deur die AHi Wes-Kaap aangebied en die huidige stand en toekomstige waarde proposisie van die AHi Wes-Kaap was by die geleentheid  deur Dr Willie Cilliers uitgelig.  Hy het ook verduidelik dat die AHi geposisioneer is vir diens aan onafhanklike entrepreneurs en dat ekonomiese groei en ekonomiese geleenthede hoog op die agenda is.  Finansiering is hierdie jaar verkry vanaf België en dit word aangewend om nuwe toetreders tot die sakemark toe te rus met praktiese kennis oor die stigting van nuwe besighede asook hoe om dit volhoubaar te bedryf deur middel van praktiese opleiding en mentorskappe.  Hier word daar spesifiek gefokus op behoeftiges, vroue en jeug.  Mnr Jannie Durand van Remgro was die gasspreker en het uitgebrei oor uitdagings wat in geleenthede omskep kan word in ‘n veranderende sake omgewing.  Vir meer besonderhede oor die entrepreneursopleiding program kan die AHi se tovrye nommer 086 999 0209  geskakel word vir aansoeke.